Sy het onlangs erken haar bestuur keur haar Twitter-boodskappe goed voor dit gestuur word, want sy het haar al daaraan skuldig gemaak om te twiet terwyl sy dronk was.

Die 27-jarige – wat onlangs Hello, haar eerste enkelsnit in vier jaar, uitgereik het – het erken toe Twitter begin het, het sy dikwels getwiet terwyl sy onder die invloed was.

“Ek bedoel ek drink nie meer nie, maar toe Twitter bekendgestel word, het ek getwiet terwyl ek dronk was en ’n hele paar keer amper ’n blaps begaan,” het sy tydens 'n spesiale TV-aanbieding op BBC gesê.

Maar die twiets wat sy aan haar bykans 24 miljoen volgelinge stuur, is steeds haar eie. “My bestuur het besluit dit moet deur twee mense gaan en dan moet iemand dit afteken, maar dit is alles my twiets.”

“Niemand skryf my twiets vir my nie. Hulle plaas dit net vir my.”

BRONNE: dailymail.co.uk, telegraph.co.uk