Die treffermaker van Hello het haar Adele Live 2016-toer na Vancouver, Kanada, gebring waar sy ’n 21-jarige bewonderaar, op Twitter net bekend as “Wizzy”, in die Rogers Arena na die verhoog genooi het. Hy het aan sy heldin vertel hy het heelpad van Nigerië af gekom vir die konsert en, duidelik geroer deur sy toewyding, gee Adele hom toe ’n drukkie. Toe hy egter sy selfoon gereed kry vir 'n selfie, draai hy sy kop op dieselfde tyd wat die ster oorleun om hom op die wang te soen, en toe soen sy hom per ongeluk op die lippe. Die bewonderaar was in ekstase oor die foutjie en het op en af begin spring, maar die Britse sangeres het onmiddellik die soen erken en het skertsend aan die skare gesê: “Goddank my man issie (sic!) hier nie!,” met verwysing na haar jarelange kêrel, Simon Konecki. "O my Genade, geen ander man het my in sowat ses jaar gesoen nie!” het sy bygevoeg. “Hy het my so pas gesoen.”

Daarna het die twee ’n behoorlike selfie geneem en Wizzy het dit op Twitter geplaas.

A photo posted by Adelettes©® (@adelettes) on
"Adele het die verhoog getref! En hier is ek saam met haar! Wie ga’ (sic) my stuit, reg,” het sy byskrif gesê. Adele en Simon, wat ’n driejarige seuntjie, Angelo, het, gaan al sedert 2011 uit – die laaste keer wat sy ’n wêreldtoer onderneem het. Die Grammy-wenner se huidige trek het laat in Februarie vanjaar in Belfast, Noord-Ierland, begin en sy het deur Europa getoer.

A photo posted by Josh Carter (@joshcarte) on

Simon is in verskeie stede opemerk waar hy hom by sy meisie aangesluit het.

Hy het na bewering besluit om, ter wille van sy werk by die liefdadigheidsorganisasie Drop4Drop, tuis te bly in Engeland, hul geboorteland, in plaas van by Adele aan te sluit vir die Noord-Amerika-been, maar, volgens die Britse koerant, The Sun, beplan hy om Amerika toe te vlieg vir sekere konserte.

Die Adele Live 2016-toer sluit altesame 105 konserte in 18 lande in, en sy sal haar uitgebreide trek in November vanjaar in Mexiko afsluit.

© Cover Media