Terwyl ander kunstenaars van haar ouderdom behep is met maerword en hulle figure dophou, maak Adele geen verskoning vir haar kurwes nie, het die Mail Online berig.

In ‘n onthullende onderhoud met die Britse Vogue-tydskrif vertel Adele hoe gelukkig sy is met haar voller figuur en erken sy dat haar gewig nog nooit vir haar ‘n probleem was nie.

Die 23-jarige sangsensasie, wat ook ‘n asemrowende fotosessie saam die tydskrif gedoen het, geniet dit om haarself te wees.

“Ek is mal daaroor om net myself te wees. Ek het al gesien hoe mense se lewens verwoes word deur hulle begeerte om maerder of mooier te wees. Dit put hulle net uit en dit is nie wat ek wil hê nie,” het Adele gesê.

Klik hier om meer te lees. 

Volg Huisgenoot op Twitter.