Hierin vertel hy liedjie-stories van die lewe, sienswyses, stories, uitdagings, hartseer, vreugdes, taal en trots van boer wees.

Die album is geskryf tydens die droogte van 2012 en 2013, verduidelik Adam Tas. “In dié tyd het ek gesien hoe boere se plase brand, hul vee vrek van die honger en hoe groot, sterk manne op hul knieë smeek vir reën.”

Hy het ook beleef hoe ’n pasgebore kalf se keel afgesny word omdat daar nie genoeg kos vir die kalf en die koei is nie. “Ek haal nederig my hoed af vir elke boer, en ek wens ek kon so sterk wees soos hulle,” sê die Country-rock sanger.

Luister hier na ’n voorsmakie van een van die snitte, Draadloos Dae.