DIE sanger Adam Tas spring van die een voet na die ander rond, so asof hy op warm kole trap. ‘‘Ja. Ja, ek’s op my senuwees. So ’n bietjie. Maar dis die goeie soort. Die soort wat jy kry voor jy op die rugbyveld moet uitdraf, jy weet? Dis goed. Goed.’’

Hy vat ’n vinnige trek aan ’n dun sigaartjie hier agter die kerk. Nog net ’n paar minute . . .

Dan kom die oproep. ‘‘Sy’s hier!’’ kondig die 29-jarige sanger aan, en hy begin sommer by die trap afhardloop voor hy besef hy’t nog die sigaar in sy hand. Hy gee dit gou aan vir dooddruk, en dan trippel hy rond terwyl hy wag op ’n sambreel teen die gietende re?n hier by die trou-oord Usambara in Muldersdrift, waar hy en Caren Visagie (28) vandag vir mekaar die jawoord gee.

Toe die eerste klanke van die troumars opklink, glimlag Adam breed genoeg om die son deur die re?nwolke te laat breek.

Caren is beeldskoon waar sy aan pa Topie se arm in haar rok met die fyn kristal-kraletjiewerk op die bostuk aangestap kom. Dan is dit tyd vir die plegtigheid – en vir oulaas laat sy die man ’n bietjie swaarkry voor sy mev. Francois van der Merwe word.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die Huisgenoot van 7 April 2011