. Maar wat kykers dalk nie weet nie, is dat hy dood bang is.  “Dis soos om vir my in ’n slang hok te gooi,” vertel hy.

“Dit was vreesaanjaend. Ek het ‘n vrees vir kameras en verhoë.” Veral aan die begin het dit gesukkel. “Dit was vir my nuut, iets wat ek nie geken het nie. Ek moes baie vinnig leer.”

Wat dit uitdagend gemaak het, is dat hy die woorde van ’n telepromter ( telesouffleur) moes aflees. “ Ek sukkel om te lees en lees stadig. Dag een was taai, maar niemand moet vir my sê ek kan dit nie doen nie. Aan die einde het ons vier episodes in drie ure opgeneem.”

Soms was die uitspraak van sekere woorde ook moeilik. “ Ek sukkel met van die Zulu of Xhosa name. Ek was te wit vir daai woorde,” spot hy.

Maar hy moes deur druk. “Jy lees en smile en act vir die kamera asof miljoen mense vir jou kyk, maar eintlik is daar net een kamera man. En hy kyk nie vir jou nie, hy kyk vir die beligting.”

Ten spyte van sy vrees, was dit ’n goeie ervaring. “ Ek het elke oomblik geniet en dit was die lekkerste ding wat ek in jare gedoen het.”

Hy werk ook reeds aan ’n tweede reeks van dié program. En net dalk is die tweede keer al ‘n bietjie makliker...

Deur: Loren Pienaar (@Loren_Pienaar)

VIDEO: Sy's die heel eerste mense wat al sy liedjies hoor. En as sy huil, weet Adam Tas hy moet iets anders probeer. Die talentvolle jong sanger gesels met ons oor kleinding Klara-Belle, musiek, Skouspel en die pad vorentoe.