Maar moenie dink dié rol het sommer in sy skoot geval nie. “Ek moes ’n oudisie aflê, waarmee hulle baie tevrede was. Die res is geskiedenis!” sê Hugo.

Klik hier om na Hugo se eerste Kwêla-storie te kyk, nogal in dié Namibiër se vaderland:

http://kyknet.dstv.com/2013/07/25/kwela-24-julie-2013-dorp-van-die-jaar/

Sy eerste ervaring van aanbiedingswerk was fantasties, sê Hugo. “Dinge gebeur so vinnig, jy het skaars tyd om op jou senuwees te wees. Baie van die vrae en tekste word op die plek neergepen en kort daarna opgeneem. Jy moet dus heeltyd probeer kophou met alles wat om jou aangaan.”

Hy het nie voorheen veel aan aanbiedingswerk gedink nie, want sy musiekloopbaan hou hom te besig. “Maar dit was ’n ongelooflike ervaring, ek sal dit nog lank wil doen.”

Dit lyk omtrent of Hugo skaars kan stilsit. Hy is vroeg volgende jaar saam met Joe Foster en Reynardt Hugo, die ander twee lede van Adam, te sien in ’n opwindende Afrikaanse fliek Pad na Jou Hart. “Ons speel ’n musiekgroep. Ons doen ook die klankbaan van die fliek en het ’n paar oorspronklike liedjies daarvoor geskryf,” sê Hugo.

Kyk Woensdagaande om 19:30 op kykNET na Kwêla om nog van Hugo se insetsels te sien.