Wat sal jy doen as ’n internasionale sangsensasie net skielik by jou troue opdaag en begin sing?

Dit is presies wat Adam Levine en Maroon 5 in Desember gedoen het vir hul nuwe musiekvideo.

Vir die liedjie Sugar van hul nuutste album V het die groep reg oor Los Angeles gery en op een dag soveel troues as kan bygewoon.

In die video kan gesien word hoe gaste verward rondkyk na wat aangaan terwyl mense ’n verhoog en ligte op die dansbaan opstel. Dan glip Levine in en ’n doek word dramaties laat sak soos hy begin sing.

Die bruid en bruidegom staar eers verbaas tot daar in ekstase begin dans word.

Kyk hier na die video: