Die paartjie, wat in Julie verlede jaar verloof geraak het, beplan om in Cabo San Lucas af te haak, en gaan dan na die Victoria’s Secret-model se geboorteland reis, waar hulle gaan “feesvier met mense wat nie die troue kan bywoon nie”, het iemand in die binnekring aan die tydskrif Us Weekly gesê.

Behati (25) het onlangs erken sy het reeds haar trourok.

Sy het gesê: “Dis boheems; dis baie soos my styl.”

Die 35-jarige voorsanger van Maroon 5 het verlede week in Las Vegas sy ramparty gehou.

Adam en ’n paar mansvriende het ’n privaat vertrek by die restaurant N9NE Steakhouse in die Palms Casino Resort. Hulle het skulpvis, filette en slaaie geëet voor hulle die aand met espresso’s afgesluit het.

Die groep het in die hotel se Hardwood-suite van sowat 930 m2 tuisgegaan. Die suite het ’n privaat dansvloer, 24-uur-butlerdiens en ’n binnenshuise basketbalbaan.

Die Voice USA-beoordelaar het in die verlede gesê hy wil nooit trou nie, maar het later erken Behati het sy mening verander.

Hy het verlede jaar gesê: “Beroemde laaste woorde: Ek sal nooit trou nie. Ek dink steeds jy moet nie trou nie tensy jy iemand ontmoet wat jou wil laat trou. Dan trou julle, en dit is wonderlik.”