Die 35-jarige voorsanger vir Maroon 5 is in Julie met die Victoria’s Secret-model Behati Prinsloo getroud.

En toe hy gevra is wat hy die meeste van die getroude lewe geniet, kon hy nie op een hoogtepunt besluit nie. “Hoe besluit ek? Ek dink regtig die beste is as jy die regte persoon vind,” het hy op die TV-program Extra gesê. “Jy is so dankbaar wanneer jy die perfekte persoon vir jou opspoor. Dit is hoe ek voel.” Adam het ook al gepraat oor wat hy en Behati (25) vir hul toekoms wil hê. Trouens, Adam het alles fyn beplan.

'Ek wil meer kinders hê as wat sosiaal verantwoordelik is.'

“Ek wil 100 kinders hê. Ek wil meer kinders hê as wat sosiaal verantwoordelik is,” het hy tydens ’n radio-onderhoud met Ryan Seacrest gesê.

“Ek weet nie wanneer dit sal gebeur nie, maar dit sal beslis iewers in die toekoms gebeur. Ons is beslis van plan om dit te doen.”

Tydens die onderhoud het Adam ook onthul hoe die getroude lewe hom verander het; hy glo alles het ten goede verander.

“Ek dink dit verander, maar op ’n wonderlike manier,” het Adam gesê. “Dis vreemd; ek voel soos ’n man.”

“Die verhouding verander nie, maar ek voel effe manliker. Uit die man se oogpunt meen ek as jy saam met die regte mens is, voel die man soos meer van ’n man.”

© Cover Media