Want as hulle met ’n ysterhand regeer, word hulle gekritiseer. Maar as hulle te sag is met die studente, word hulle beskuldig dat hulle die skending van menseregte aangemoedig.

Adam is in Amerika vir die bekendstelling van die “He for She”-beweging. Maar hy het Woensdag op Twitter uitgevaar oor die studente-betogings wat op universiteitskampusse aan die gang is.

Hy het in tien twiets standpunt ingeneem en die studente se vernietigende aksies veroordeel.

“Dit was moeilik om die gebeur van so ver af te aanskou. Ten spyte dat ek voortdurend in kontak was met die span.”

Volgens Adam het hulle die universiteit oop gehou omdat hulle wou voortgaan met die akademiese program. “Om die toekoms van studente te verseker,” verduidelik hy. Hy sê op Twitter hy is geskok deur Woensdag se geweld. “Die aftakeling van dissipline onder die private veiligheidswagte moet veroordeel word en sal ondersoek word. Maar die intimidasie en geweld van sommige van die studente-betogers moet ook gekritiseer word.”

Adam sê hy is bekommerd oor slagspreuke soos “Geen gratis onderrig. Geen onderrig.”

“Dit herinner my aan die slagspreuk “Geen onderrig voor bevryding” in die 80’s.” Hy dié siening het ’n hele generasie vernietig.

Hy sê verder in sy twiets dat dit kommerwekkend is dat studente hul so vinnig na geweld wend. “Dit sal ons almal vernietig.” Hy sê studente moet dink aan wat met toekomstige generasies gaan gebeur as die land se universiteite vernietig is.

Studente van Wits sal na verwagting Donderdagmiddag weer vergader.
Personeellede van die Universiteit van Kaapstad het Donderdagoggend by die parlement bymekaar gekom om hul steun vir die studente te wys.