“AB se statistieke wys sy suiwer klas en is eintlik vanselfsprekend,” het die KSA-hoof, Haroon Lorgat, gesê. “Hy is die wêreld se beste kolwer, nommer een in toetskrieket en nommer twee in eendagkrieket.”

Die vorige wenners van KSA se gesaghebbendste prys op internasionale vlak was Jacques Kallis (2004 en 2011), Makhaya Ntini (2005 en 2006), Shaun Pollock (2007), Dale Steyn (2008), Graeme Smith (2009), Hashim Amla (2010 en 2013) en Vernon Philander (2012).

AB het so te sê skoonskip gemaak en vier pryse opgeraap. Die enigste kategorie waarin hy benoem is maar nie gewen het nie, is die eendagspeler van die jaar. Quinton de Kock het dié prys gewen. AB is ook aangewys as toetsspeler van die jaar, die Suid-Afrikaanse spelers se speler van die jaar en is deur die publiek gekies as die Suid-Afrikaanse ondersteuners se speler van die jaar.

“Ek is baie ingenome dat ek vanaand ’n paar pryse kon wen, veral dié van speler van die jaar. Ek wil almal graag bedank wat my deur die seisoen ondersteun het, veral my vrou, wat my grootste ondersteuner is, en dan natuurlik my spanmaats,” het hy ná die prysaand gesê.

Lys wenners:

Krieketspeler van die jaar: AB de Villiers

Toetsspeler van die jaar: AB de Villiers

Eendagspeler van die jaar: Quinton de Kock

T20 Internasionale speler van die jaar: Imran Tahir

SA spelers se speler van die jaar: AB de Villiers

SA ondersteuners se speler van die jaar: AB de Villiers

“So Good”-prys: Jacques Kallis (vir sy honderdtal teen Indië in sy laaste toets op Kingsmead)

Aflewering van die jaar: Dale Steyn (boul Brad Haddin in die tweede toetswedstryd teen Australië by St. George’s park)

Vrouespeler van die jaar: Marizanne Kapp

Plaaslike pryse

Eersteklas-speler van die seisoen: Justin Ontong (Kaapse Kobras)

One Day Cup-krieketspeler van die seisoen: Heino Kuhn (Titans)

T20-speler van die seisoen: David Miller (Dolphins)

Afrigter van die jaar: Lance Klusener (Dolphins)

Plaaslike spelers se speler van die seisoen: Kyle Abbott (Dolphins)

KSA Regverdige spel: Dolphins

SACA se waardevolste speler: Kyle Abbott (Dolphins)

- Suzaan Hauman

Bronne: Instagram, Sapa, Twitter