Almal is gek daaroor om ’n present te kry, veral as dit iets is wat jy werklik graag wou hê.

"Gister by die huis gekom en dié verrassing gekry," skryf die sportheld by die foto. Dié boekwurm is duidelik in sy noppies, want die wêreldberoemde Jeffrey Archer het hom ’n getekende weergawe gegee van sy nuwe roman, This Was A Man (2016).

Dié roman is die laaste in die bekroonde skrywer se Clifton Chronicles-reeks. Jeffrey het selfs vir AB ’n oulike boodskap voorin geskryf: "AB, mag jy in elke land op aarde floreer, behalwe Engeland."

Lekker lees, AB!