’n Klein aardskudding in KwaZulu-Natal het Twitter-gebruikers na hul slimfone laat gryp toe hulle glo rondom 11:00 Saterdag die “aarde onder hulle voel beweeg het”. Die skudding het glo sowat vier sekondes geduur en is glo van Richardsbaai tot in die KwaZulu-Natalse Middelande gevoel. “Die grond het vir ’n paar sekondes geskud,” het die Twitter gebruiker @RealOBHS getwiet.

@teahernologie het getwiet: “Wow . . . die huis het nou geskud.”
ER24 het getwiet dat die aardskudding in Durban en die omliggende gebiede sowat 3.1 op die Richterskaal gemeet het.

Volgense die KwaZulu-Natalse nooddienste is geen beserings of ernstige skade tot dusver aangemeld nie.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Nóg Oscar-benoemde rolprente begin dié naweek wys

Kanye snoer Kim se mond ná egskeidingsgerugte

Ontmoet Pandora, ’n baie spesiale tarantula

Dis nou vir jou ’n varkerige eiland!