Soos Michael Gascon van Poplarville, Mississippi, se droom.

Hy wou die eerste mens wees wat die internet op horings sou neem met een van sy andersoortige videos. Hy en sy geliefde touspringende, sokkerspelende perd, Tito, natuurlik. Tito behoort tot die fyn geteelde, vlugvoetige Paso Fino-ras waarvan die voorsate van Spanje na die Karibiese Eilande ingevoer is.

Michael beskryf Tito nie net as sy beste vriend nie, maar ook as ’n diva wat weet dat hy ’n ster is en hom ooreenkomstig gedra.

Maar wie sou kon raai dat hy dit in ’n dinosouruspak op Tito se rug regkry? Op sy Facebook-blad verwys hy na die eskapade as Jurassic Paso Park, maar die WDAM-verslaggewer se beskrywing is akkurater. Sy noem die petalje “dino-miet”.

Lees ook op Huisgenoot.com

Wat is die doel van daardie klein sakkie aan jou jeans?

Mark Zuckerberg: 50 skakerings van grys

Hoekom is daar 'n gaatjie aan my Bic-pen se doppie?

Die wysheid van die grysheid - Ouma Wit se storie