Michelle Grobbelaar, die bestuurder van die seismologie-eenheid, het die skudding as “’n redelike grote” beskryf. Uit voorlopige ontleding blyk dit die episentrum was net voor tienuur naby die Universiteit van Johannesburg.

'Geboue het sowat ’n minuut lank geskud. Ek bewe nou nog.'

’n Twitter-gebruiker het gesê: “Daar was sowat 20 minute gelede ’n trilling in JHB. Geboue het sowat ’n minuut lank geskud. Ek bewe nou nog.”

Nog iemand het getwiet: “O, die skudding-ding het oral in Johannesburg gebeur? LOL, ek het gedink dit was net as gevolg van die bouwerk in ons kantoorpark.”

Aardbewings, of skuddings, is die gevolg van die opbou van spanning in die aardkors. Wanneer die spanning te veel word, word dit vrygestel in die vorm van ’n aardbewing, gewoonlik op ’n geologiese foutlyn.

Michelle het voorheen gesê ná ’n aardbewing word nog ’n skudding van soortgelyke sterkte gewoonlik in dieselfde gebied verwag, maar seismoloë kan nie voorspel wanneer dit sal gebeur nie.