, berig Beeld.com.

Die skudding het volgens die USGS National Earthquake Information Center 5.3 op die Richterskaal geregistreer.

Dit blyk uit twiets en nuusberigte dat die episentrum van die skudding ongeveer 6km buite Orkney in Noordwes was.

Volgens Beeld.com is die skudding vir langer as 'n minuut aaneen in Aucklandpark gevoel.

Die skudding is ook glo in Randburg, Sandton, Benoni, Pretoria en selfs sover as Potchefstroom, Klerksdorp, Bloemfontein en Durban gevoel.

Volgens Huisgenoot-lesers het hulle ook die skudding in Ventersdorp en selfs Gabarone in Botswana gevoel, terwyl ander berigte ook noem dat dit selfs in Mosambiek gevoel is.

Op hierdie stadium is daar geen aanduiding oor hoeveel mense beseer is nie of hoeveel skade aangerig is nie. Die Stad van Johannesburg het ook gesê dat hulle op hierdie stadium nog geen berigte van beserings ontvang het nie. “Dit was erg,” sê prof. Fhumulani Mulaudzi van Pretoria, wat tydens die aardbewing by die Universiteit van Pretoria was. “Dinge het van die mure geval en gebreek.” Bronne: Beeld.com, Twitter