Thomas was destyds lid van die Amerikaanse magte en is in 1952 na Korea ontplooi. Teen hierdie tyd was hy reeds met sy groot liefde, Fleecie, getroud.

Lees ook: Jy gaan nie hierdie minister se portefeulje glo nie

In die aanloop voor sy militêre diensplig in Korea is ’n foto van die jong soldaat met sy skitterwit glimlag in uniform geneem.

Op 15 Februarie 2016 het sy kleinseun Derek Schendeman (33) van Delaware hierdie einste foto van sy oupa (nou 86) op die sosiale platform Reddit gedeel.

Nie Thomas of sy kleinseun kon voorspel dié foto sou soos ’n veldbrand deur die kuberruim versprei nie. Binne 10 dae is dit reeds meer as 3 miljoen keer gekyk.

Die kommentaar wat party mense op Reddit gemaak het, is skreeusnaaks: “In 1950 het Korea die skitterwitste tande gesien wat nog deur die mens aanskou is,” skryf een. “Hy was in beheer daarvan om die vyand te verblind,” en “Is hy enkellopend?” laat hoor ’n ander.

“Was jou oupa ’n model in die weermag?” vra een weer terwyl ’n ander doodluiters sê: “Dis ’n vervlaks oulike glimlag daardie!”

Thomas se geliefde Fleecie is hoogs geamuseerd met haar man se “vreemde” roem. Sy het geweet vroue het destyds voor hom geswymel, maar sy het hom gekry.

Derek sê toe sy ouma onlangs haar man vra of hy sy lewe anders sou leef as hy geweet het vroue het hom so aantreklik gevind, het hy bloot “nee” gemompel.

Lees ook: Man se liefdestaak om vrou weer te laat glimlag

“Hy is net nie daardie soort man nie. Hy was altyd lojaal en kyk baie mooi na my,” het sy gesê.

Thomas en Fleecie geniet dit om saam rolbal te speel; dis immers die spel wat hulle destyds bymekaargebring het.

Bronne: people.com, buzzfeed.com, huffingtonpost.com, reddit.com

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com

Twee mans ernstig beseer ná volstruis, perd hul in Vrystaat aanval

Derick Hougaard: ‘Daar is geen skaamte om ’n gebreekte man te wees nie’

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad