Dit was ’n doodgewone dag by die werk vir ’n konstruksiewerker van Amsterdam – tot ’n vreemdeling hom met ’n ongewone versoek genader het. Die 21-jarige fotograaf Danika Magdelena (@MaddoLuu) het Nicky Libert voorgekeer en gevra of sy ’n foto van hom mag neem. “Ek het hierdie konstruksiewerker in Amsterdam voorgekeer en gevra of ek ’n foto van hom kan neem omdat hy so mooi is. #someonesignhim,” het Danika op Instagram en Twitter geskryf.

Die foto van Nicky wat in sy bouwerkersdrag poseer, het vinnig versprei en snuffelhonde op Twitter was kort voor lank op die onbekende hartebreker se spoor. Lees ook: Down-sindroom keer blondekoppie nie om haar lyf model te hou nie ’n Gebruiker met ’n valkoog het eindelik die 26-jarige Nicky se Instagram-blad opgespoor en sy identiteit bekendgemaak.

Je zal maar zomaar de beroemde bouwvakker tegen het lijf lopen .. ??

A photo posted by Chrissy Grace, 19 (@xchrissygrace) on

“Hulle het my gevra of ek ’n model is. Ek het gesê: ‘Nee, as ek was, sou ek nie hier gewees het nie,’”het hy vertel aan Parool.nl.

Lees ook: Hipster 60-jarige model slaan ’n bres vir die ouer geslag! “Wat ’n ongelooflike week het ek gehad,” het hy op Twitter geskryf. “Alles het gelyk verander en dit het my ’n rukkie geneem om daaraan gewoond te raak. Ek moet sê, ek hanteer dit al hoe beter.” En al die aandag was toe nie verniet nie – die konstruksiewerker is kort voor lank by Elite Models se kantore in Amsterdam gekiek.

Throwback wednesday @elite_amsterdam_boys

A video posted by Nicky Libert (@nicky_libert) on

“Ek wil @sirius.film @ygsiri bedank vir hierdie ongelooflike geleentheid! #dreamscometrue.”

Photo taken by @miloudouze @elite_amsterdam_boys

A photo posted by Nicky Libert (@nicky_libert) on

Amazing shot by @mimica.cs @elite_amsterdam_boys thanks for a great day!

A photo posted by Nicky Libert (@nicky_libert) on

Hoewel hy nie sy werk gelos het nie, lyk dit nie asof hy meer vir lank daar gaan werk nie!

Back to basic.. real life starts again @niels_link

A photo posted by Nicky Libert (@nicky_libert) on

“Die regte lewe begin weer,” het hy op Instagram geskryf by ’n foto van hom waar hy terug op die bouterrein is.