Tydens ? konferensie in Rusland in 2010 is daar ? projek Tx2 van stapel gestuur wat daarop gemik is om tiergetalle teen 2022 te verdubbel.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

In daardie stadium was daar na bewering kwalik 3 200 tiere wêreldwyd te bespeur. Ses jaar later loop die beker van hoop byna oor want die aanwas onder tiere so toegeneem het dat daar nou byna 3 900 van hierdie besondere katspesie is. “Dit gee ons baie hoop en wys dat ons spesies en hul habitat kan red wanneer regerings, plaaslike gemeenskappe en bewaringsgesindes saamwerk,” het Marco Lambertini, direkteur-generaal van WWF Internasionaal gesê.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on
Thai-owerhede hoop ook dat die aantal tiere in een van hul nasionale parke, Huai Kha Khaeng, sal toeneem. Navorsers het die afgelope tien jaar versteekte kameras wat deur beweging geaktiveer word, ingespan om tred te hou met individuele diere. Hulle het gevind dat die Indo-Chinese tiere van sowat 20 in 2006 tot meer as 50 toegeneem het.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

Michael Baltzer, leier van die WWF Tx2-insiatief het gesê dat ? stewige aksieplan vir die volgende ses jaar van die uiterste belang is. “Die wêreldwye afname is vir eers gestop, maar daar is steeds geen veilige plekke vir tiere nie. Veral Suidoos-Asië loop die onafwendbare risiko om al hul tiere te verloor as hul regerings nie onmiddellik optree nie.”

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

Daar is beslis nog ’n baie, baie lang pad om te loop voordat die toekoms van tiere ’n stadium bereik waar die spesie nie langer op die bedreigde spesielys sal verskyn nie. In 1900 was daar meer as 100 000 tiere in die natuur, ’n getal wat ligmyle verwyderd is van die kosbare 3 900 wat vandag bestaan. Oscar-wenner en beskermingsaktivis Leonardo diCaprio se stigting, Leonardo DiCaprio Foundation (LDF) is deel van die Tx2 inisiatief.
In sy reaksie op die bekendmaking van die stygende getalle het hy gesê: “Tiere is van die noodsaaklikste en mees geliefde diere op aarde.” In samewerking met die WWF het die LDF daartoe bygedra dat Nepal die grootste vordering in die beskerming van tiere gemaak het. Kambodja is ook besig om die moontlikheid van tiere terug te bring nadat hulle onlangs as “funksioneel uitgestorwe” binne die landsgrense verklaar is.

A photo posted by Chl0ster (@chl0ster) on

In Indonesië het tiergetalle ook radikaal afgeneem waar die groot vernietiging van woude plaasvind om aan die behoefte vir palmolie en papier te voorsien. 13 kitsfeite oor tiere 1. Daar was nege tier-subspesies. Vandag is daar net ses oor. 2. Elke tier het ’n unieke swartstreep-patroon wat veldiep is. Dis uniek onder dié katspesie. 3. Tiere kan enige plek aangetref word, van hoë alpynse sneeu tot digte tropiese reënwoude. Hul enigste vereiste: toegang tot prooi.

A photo posted by J.enigma (@j.enigma) on

4. Terloops, het jy geweet tiere is gek oor water en hulle is uitstekende swemmers wat tot 6 km ver kan swem.
5. Tierwelpies is bitter klein wanneer hulle gebore word. Boonop is hulle ook blind en geheel en al hulpeloos. Gelukkig groeie hulle vinnig. Binne ’n maand is hul reeds vier keer hul geboortegrootte.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

6. Tiere kan tot 3,3 meter lank word en ’n allemintige 300 kg weeg. Sover bekend is hulle ook redelik vinnig met ’n topspoed van tot 40 km per uur en kan hulle tot 5 meter ver spring. 7. Tiere kan diere twee keer groter as hulle met sukses doodmaak. Hulle word nie verniet as een van die wêreld se mees gevreesde roofdiere bestempel nie. 8. Die Bengaalse tier se eetlus is besonder groot en hy kan tot 21 kg se vleis op ’n keer verorber. Sy maaltye word gelykgestel aan sowat 30 buffels per jaar. 9. En praat van luid: die Bengaalse tier se brul kan snags tot 2 km ver gehoor word. 10. Net soos renosterhoring, haal tiertande ook ’n hoë prys in die sluikhandel. Onwettige handel beloop jaarliks ’n beraamde $19 biljoen.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

11. Dele van die tier word as ’n Chinese geneesmiddel beskou – en die gebruik van hierdie medisyne word na bewering gesien as ’n simbool van status en rykdom. 12. Verpoeierde tierbeen word vir maagsere, rumatiek en ingewandskoors “voorgeskryf” terwyl tieroë glo net die aangewese kuur teen epilepsie en malaria is. 13. China, Taiwan, Japan, Suid-Korea, Amerika en Groot Brittanje is glo ook betrokke by tierhandel.

A photo posted by WWF Tigers (@wwf_tigers) on

— Annelene Oberholzer

Bronne: mashable.com, worldwildlife.org, uk.yahoo.news.com, sciencekids.co.nz, onekond.org, tigersinrisis.com

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit