Mense sal volgens hul geboortemaand genooi word om aansoek te doen, het sy gesê by ’n ontbytvergadering wat The New Age in Johannesburg aangebied het.

Pensioentrekkers wat in Januarie gebore is, doen eerste aansoek en kan volgende maand begin, het Pandor verduidelik.

“Moet dus nie net kom nie; ons sal julle uitnooi om in jul geboortemaand te kom,” het sy gesê.

“Ons beoog om ten minste 100 000 slimkaarte teen 31 Maart uit te reik.”

Sy het gesê die uitreiking sal papierloos wees en die kaart sal die beste in sy soort wees.

“Besonderhede word op ’n skyfie op die ID-slimkaart vasgelê deur middel van moderne biometriese tegnologie.

“Die geheue is groot genoeg vir ’n wye verskeidenheid inligting, soos jou huweliksertifikaat en besonderhede van jou rybewys.”

Intussen het haar departement, volgens Pandor, meer as twee miljoen buitelandse besoekers die afgelope vakansietyd hanteer.

“Ons is gelukkig dat ons ’n gewilde toeristebestemming is.”