As daar een ding is wat makliker geword het in die inligtingsera is dit inkopies. En as besige mamma moet jy weet waar om aanlyn aan te meld om in al jou huishoudelike behoeftes te voorsien sonder dat jy jou kantoor of huis hoef te verlaat. Hier is ons topkeuses om inkopies makliker te maak.

  1. Baba-produkte soos speelgoed, bottels en vele meer: Takealot.com. “Ek koop my kind se doeke en klamlappies hier, en as hy enige ander babadinge benodig, soos ’n speelding of voedingstoebehore, is dit ook als daar,” sê Nicky Smith, ma van ’n 11 maande seuntjie. “Ek het ingeteken by hul daaglikse aanbiedings sodat ek kan weet wanneer daar ’n spesiale aanbod is op produkte wat ek benodig.”
  2. Kruideniersware: Pick n Pay Online en Woolworths Online.  Albei winkelgroepe bied alles wat jy in die kombuis benodig, insluitend babakos. Ma’s wat dit gebruik sê dis baie handig, maar jy moet vooruit beplan. Dit is dus nie ’n oplossing as jy op die nippertjie iets benodig nie – jy moet dit minstens 24 uur vooraf bestel.
  3. Sporttoerusting, huishoudelike produkte en klere: Mr Price Online. Daar is alles wat jy in die winkels kry, nie net nuwe klere nie. Mr Price Sport lewer af – jy kan dus die beenskutte wat jou kind vir sy volgende hokkie- of krieketwedstryd benodig bestel en by jou deur laat aflewer. “My seun pas nie altyd in sy ouderdomsgroep se kleregroottes nie, daarom is dit beter as ek hom winkels te neem om dit aan te pas,” sê Edwina Fielies, ’n ma van Kaapstad. “Maar die lekkerste is dat selfs as ons verkies om winkels toe te gaan, spaar jy baie tyd as jy vooraf aanlyn gaan kyk wat hulle het.” Sy sê dit help ook as jy ’n geskenk vir ’n verjaardagpartyjie moet kry en nie tyd het om winkels toe te gaan nie.
  4. Klere: Spree, Mr Price en Woolworths. Dié aanlynwinkels bied alles wat jy benodig vir jou baba en ouer kinders se klerekaste. En die beste van als is dat jy vir jouself ook hier kan inkopies doen.
  5. Goed om te weet: LoveBaby is ’n aanlyn-boetiekwnkel vir babas en kleuters met uitrustings deur ontwerpers soos Sam n Seb, Sticky Fudge en Pitta Patta. Poshbabyboutique.co.za hou alles van meubels tot doeksakke, babamonitors en meer aan. Gigglesboutique.co.za het klere vir babas en kleuters van die grootste handelsname teen laer pryse.

-  Dalena Theron