’n Aanlyn stelsel vir geboortesertifikaatregistrasie vir kinders wat by ’n hospitaal in Durban gebore is, is Dinsdag van stapel gestuur, het KwaZulu-Natal se gesondheidsdepartement gesê.

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, tesame met KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, het die aanlyn stelsel vir geboortesertifikaatregistrasie van stapel gestuur vir kinders wat by die Addington-hospitaal gebore is, het die woordvoerder Desmond Mota gesê.

Amper driekwart van die provinsie se 53 hospitale wat kraamdienste bied, is nou direk verbind aan die departement van binnelandse sake.

Malusi het gesê geen baba wat by ’n regeringshospitaal gebore word, moet sonder ’n geboortesertifikaat daar weg nie.

“Ons sal seker maak alle hospitale is gedek,” het hy gesê.

Sibongiseni het die nuwe stelsel verwelkom; hy het gesê dit sal toegang tot regering-geborgde maatskaplike dienste help bespoedig, terwyl dit geboortesertifikaat-bedrog beperk.