Dit volg ná sy ernstige ongeluk die naweek buite Pretoria. Darren is vir ses weke buite aksie om te herstel.

“So hartseer as wat ons is dat Kurt nie by Skouspel gaan wees nie, so ontsettend bly is ons hy het die ongeluk oorleef. Ons wens hom die beste toe vir sy hersteltydperk,” sê Izelle Venter, hoofredakteur van Huisgenoot. Die produksiespan het klaar planne in plek om ten spyte van Kurt Darren se afwesigheid dinge glad te laat verloop. “’n Skouspel sonder Kurt is nogal ’n tameletjie – maar kaartjiekopers kan ontspan, dit gaan ’n heerlike musiekfees wees,” sê Venter. Besoek ook: Foto's van Kurt Darren Foto's van Kurt en Dunay se troudag