Christian (42) van Barnsley, South Yorkshire, het sy eerste bestuursles in 1992 geneem. Vandaar was dit net opdraande vir hom omdat hy nooit daarin kon slaag om die bestuurstoets te slaag nie. Sy vriende het vir hom gesê hy is “’n ongeluk wat wag om te gebeur” weens sy bestuursvaardighede.

“Daar was hierdie een eksaminateur by die sentrum wat baie streng was. Sy het my elke keer gedruip.

“Na 56 bestuurslesse het die eerste instukteur vir my gesê ek moet daarvan vergeet om ’n lisensie te kry. Hy het gesê ek sal nooit slaag nie,” het Christian aan the Dialy Mail vertel.

In 2003, toe Christian die toets vir die 32ste keer gedruip het, het hy toegegee – ’n bestuurslisensie is dalk nie vir hom beskore nie en hy het sy droom om te bestuur laat vaar.

“Ek het net genoeg gehad. Ek het net gedink dat ek dit nooit gaan kry nie,” het hy gesê.

Selfs toe hy 40 word, het hy gedink hy gaan dit weer ’n keer probeer om bestuurslesse te neem, maar hy het gou verveeld geraak. Daar was geen punt vir hom meer daarin in nie, vertel hy.

Maar vanjaar het hy moeg geraak om van openbare vervoer gebruik te maak of om mense te vra vir rygeleenthede.

“So, in Januarie het ek besluit genoeg is genoeg. Ek het besluit om weer vir die toets te gaan. Almal het vir my gelag en gesê ek sal dit nie kan regkry nie. Maar ek was vasberade om hulle verkeerd te bewys.

Toe slaag hy.

“Ek is so trots op myself. Dit het my lewe verander en dit voel of ek die een ding in my lewe bereik het wat ek nog altyd wou bereik.”

Christian het onlangs vir hom ’n tweehandse motortjie gekoop wat nou Percy heet.