Volgens die New York Times het die koningin saam met Prins William en Kate Middleton asook ander familielede ’n diens by die St. Mary Magdalene kerk in Sandringham, Engeland bygewoon.

Daar was talle gerugte oor die stand van haar gesondheid nadat sy Kersfees en- Nuwejaarsdienste misgeloop het as gevolg van ’n nukkerige verkoue. Dit was blykbaar die eerste keer in 30 jaar dat sy ’n Kersdiens misloop.

Volgens The Guardian het ’n klein groepie ondersteuners die Koningin buite die kerk ingewag en vir haar hande geklap toe sy uitkom.

Die laaste keer wat die Koningin voor Sondag in die openbaar gesien is, was toe sy aan die bekroonde akteur Eddie Redmayne ’n ere-titel toegeken het.

Bronne: BBC; The Gaurdian, The New York Times