Die Wêreldbekende Westminster Hondeskou het aanhangers die josie in gemaak toe hulle vanjaar vir die eerste maal katte toegelaat het. Die skou, al ’n instelling sedert 1877, het jaarliks ’n afdeling vir nuwe honderasse, wat vanjaar katte insluit, het die New York Times berig. Die skou se organiseerders hoop om sodoende ’n wyer gehoor te lok.

’n Storm het op twitter losgebars nadat talle aanhangers met skok gereageer het.
Sommige het meer pittige reaksies gehad.
Dit was ook net ’n kwessie van tyd voor dit polities geraak het.
Die Amerikaanse haarlose terriër en die Pumi was van vanjaar se nuwe honderasse, wat gewoonlik alleenlik in hierdie kategorie sou pryk.

Gaan loer gerus by The Guardian en ABC News vir nog oulike foto's.

Bykomende bron: Buzzfeed