Sy kan gewoonlik deur ’n ring getrek word en sit nooit ’n modevoet verkeerd nie. Maar die beeldskone voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss (24) het op haar jongste selfie op Instagram gewys is net soos die res van ons en nie altyd so glansryk nie.

Die mooie Rolene, van Volksrust in Mpumalanga, is tans swanger met haar eersteling terwyl sy boonop medies swot aan die Universiteit van die Vrystaat. Die kiekie op Instagram is van haar terwyl sy studeer. Sy het nie eens ’n tikkie grimering aan nie, wat nog te sê van opgedollie wees! “Dis wat my lewe deesdae behels . . . studeer, studeer en nog studeer,” het sy by dié foto vertel.

What my life consists of lately... ?...Study, study and more studying... ? #AlmostThere #Medicine #Exams

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

“Dankie, Rolene, dat jy ons jou minder glansryke lewe wys,” het een aanhanger al die pad uit Spanje laat hoor. “Jy inspireer my elke dag om hard te werk en ’n beter mens te wees. Baie liefde uit Spanje!” Die Universiteit van die Vrystaat het onlangs Rolene en talle ander bekendes, onder wie ons Olimpiese held Wayde van Niekerk, vir hul prestasies vereer. Op hul alumni-dinee is Rolene as Kovsie-ambassadeur aangewys. Die hoogswanger Rolene het toe die koppe laat draai in ’n skepping van die plaaslike ontwerper Casper Bosman. Sy het die geleentheid bygewoon met haar man, die sakeman D’Niel Strauss. Hulle het in Februarie vanjaar afgehaak. Rolene het onlangs vertel hoewel hul kleinding nog nie gebore is nie, is haar man reeds die “beste pa in die wêreld”. Te oulik!