“Ek hou aan om gesond te eet, te oefen en opgeruimd te bly. Ek is dankbaar vir my familie, vriende en dokters vir hul ondersteuning en natuurlik vir my aanhangers, wat my bystaan.” Georgina Mortimer, ’n dokter, het haar eilandvakansie deur Girls for Sail, die “enigste seilskool vir vroue”, bespreek. Hulle het beweer hulle “sien om na mekaar en sorg vir ’n veilige omgewing”.

By haar aankoms het die 45-jarige ma van twee nie ’n sleutel vir haar slaapkamerdeur gekry nie.

“Maar twee van die instrukteurs het ook daar gebly en ek het verstaan die voordeur word elke aand gesluit,” het sy aan The Sun gesê.

“Maar toe ek wakker word en besef ’n monster pen my vas op my bed en val my aan, het ek gedink ek gaan vermoor word. “Die hand op my keel het so hard gedruk dat ek gedink het ek gaan flou word. Ek kon skaars asemhaal, laat staan nog skree. “Ek het aan my kinders gedink en het my voorgeneem om te bly leef. Ek het so stil moontlik gelê, want ek het gedink enige worsteling . . . kon hom kwaad genoeg maak om my dood te maak. “Ek is deur omtrent ’n kwartier lange hel voor iemand aan my deur geklop en my aanvaller gevlug het.”

Georgina is ná die aanval hospitaal toe gebring waar sy vir kneusing en skok behandel is. Sy het ook medikasie gekry om seksueel oordraagbare siektes, soos MIV, te voorkom.

Intussen het sy gehoor soortgelyke aanvalle het al in die villa voorgekom.

“Ek het begin kwaad word. Ek het met ’n vakansie net vir vroue gegaan; dus verwag ’n mens om veilig te wees,” sê Georgina.

“Hulle kon die veiligheidsmaatreëls opgeskerp het ná die ander voorvalle; die villa moes kringtelevisie gehad het en daar moes ’n veiligheidswag aan diens gewees het. Hulle moes ten minste deure gehad het wat vanself sluit en hulle behoort ons te waarsku om op ons hoede te wees.”

Sy het daarna aan die maatskappy geskryf om te kla oor die gebrekkige veiligheidsmaatreëls. Hulle het gereageer deur haar ’n masseersessie en manikuur as vergoeding aan te bied.

“Hulle het dit as ’n ‘bederfie’ beskryf en gehoop ek ‘geniet’ dit. Asof dit my beter sou laat voel! Ek is in hul sorg verkrag. Ek was gewalg, beledig . . .”

Georgina dagvaar nou die vakansiemaatskappy en die eienaar van die villa weens nalatigheid.

Annie O’Sullivan, een van die medestigters van Girls, sê: “Ons is sedert 2012 ’n 4,5-ster-villa wat deur TripAdvisor aanbeveel word en ontken (Georgina se) aantygings . . . ten sterkste.”

Bronne: thesun.co.uk, dailymail.co.uk, metro.co.uk