Luidens berigte het een van die drie veemedisyne saamgeneem skool toe. Die betrokke sproei word op diere se wonde gespuit word om te keer dat hulle dit bly lek. Die seun het sy twee makkers ingespan om die middel in minstens twee klaskamers te spuit.

Volgens Fareed Jansen, voorsitter van die skoolbeheerraad, het sake binne enkele minute ’n nare wending geneem – letterlik en figuurlik. Weens naarheid en braking moes van die leerders hospitaal toe geneem word. Drie skoliere moes ook medikasie ontvang. Veral asmalyers het ’n hewige reaksie getoon. Paddy Atwell, woordvoerder vir die provinsiale onderwysdepartement, het gesê die drietal sal dissiplinêr verhoor word.

Hoekom bitter sproei vir mense nie aanbeveel word nie:

 

Bronne: enca.com, iol.co.za, sabreakingnews.co.za