Doris Ayling van Bognor Regis, West Sussex, Engeland, het ’n brief van die plaaslike hospitaal ontvang waarin sy gevra word om ’n urienemonster na ’n voorgeboortelike afspraak te bring. Nog vreemder is die feit dat haar geboortedatum korrek aangedui is.

“Ek is amper 100 jaar oud – hoe kan ek verwag?” het sy aan The Sun gesê. “Ek het drie kinders en 20 kleinkinders, maar ek was 70 jaar laas swanger,” het sy laat hoor en die voorval afgelag.

Haar 76-jarige seun, Brian, het ook lekker daaroor gelag. “Dis baie snaaks. Sy het dit geniet en almal het lekker daaroor gelag. Dis net een van daardie dinge,” het hy gesê.

Die Portsmouth Hospitals NHS Trust het intussen vir Doris en haar familie verskoning gevra. Volgens ’n woordvoerder het ’n “seldsame administratiewe fout ingesluip en ons het verskoning gevra vir enige onnodige angstigheid wat die fout dalk kon veroorsaak”.

Bronne: metro.co.uk, independent.co.uk