Harriette Thompson van Amerika was onlangs die oudste mens wat ’n maraton gehardloop het toe sy die eindstreep oorgesteek het op die ouderdom van 92 jaar en 65 dae. Die negentigjarige vrou het die 42 km lange Rock 'n' Roll Marathon in San Diego in sewe uur, 24 minute en 36 sekondes gehardloop en sy het die eindstreep oorgesteek met haar seun Benny (56) aan haar sy.

En haar lipstiffie en grimering het nog steeds perfek gelyk

“En haar lipstiffie en grimering het nog steeds perfek gelyk,” het die aankondiger die voormalige konsertpianiste beskryf.

Harriette het op 76 eers begin hardloop. Dit was nadat ’n mede-kerkganger gevra het of sy haar deelname aan ’n resies sal borg.

Deesdae hardloop die Hariette, wat twee keer kanker oorwin het, self om geld in te samel vir die Leukaemia & Lymphoma Society.

BRONNE: Running.competitor.com, jezebel.com, bbc.com