Josie Gilson (90) se dogter, Marie Fourie (65), wat op dieselfde vloer van Pioneer House as haar ma woon, het op 26 Februarie op dié se lyk afgekom. Sy het veelvuldige steekwonde gehad.

Dirk Crafford (45), wat reeds die aand van die moord vasgetrek is, is vanoggend in die streekhof op Vanderbijlpark op R5 000-borgtog vrygelaat. Ingevolge sy borgtogvoorwaardes mag hy nie kontak met enige van die getuies maak of naby die woonstelblok kom nie. Hy het geen vorige oortredings nie.

Jacky Venter, Josie se kleindogter en ’n prokureur van Vanderbijlpark, sê haar ma se eerste gedagte toe sy op haar ouma afkom, was dat sy geval het; vandaar die bloed en haar blouoog. Eers later sou sy besef die bloed op die toneel was weens die 16 steekwonde wat Josie in die moord toegedien is.

Dirk moet weer op 19 Mei in die streekhof op Vanderbijlpark verskyn.

Josie is verlede Saterdag vanuit die Ou Apostoliese kerk op Vanderbijlpark begrawe.