1. Hy was 95-jaar oud.
  2. Die regering en veiligheidsdienste tref nou voorbereidings vir een van die grootste byeenkomste van wêreldleiers wat nog in Suid-Afrika beleef is.
  3. Staatsleiers word binne die volgende paar dae verwag vir die staatsbegrafnis by die Uniegebou in Pretoria.
  4. ’n Gedenkdiens vir die publiek en hooggeplaastes sal binne die volgende ses dae gehou word.
  5. Mandela sal na verwagting in staatsie lê.
  6. ’n Staatsbegrafnis sal waarskynlik by die Uniegebou gehou word met verrigtinge soortgelyk aan dié van ’n presidensiële inhuldiging.
  7. ’n Militêre vliegtuig sal Madiba eindelik na die Mthatha-lughawe in die ou Transkei in die Oos-Kaap vervoer.
  8. Sy familie sal die liggaam in ontvangs neem vir ’n private begrafnis in Mvezo, Qunu, die plek waar Mandela op 18 Julie 1918 gebore is.