Livia Mulac van Kroasië is uiters gelukkig dat haar kleindogter ’n baie talentvolle grimeerkunstenaar is. Sy het dus presies geweet vir wie sy moes raadpleeg toe sy haar voorkoms ’n bietjie wou opkikker. Die 80-jarige ouma is “Glans-ma” gedoop nadat haar ongelooflike verandering oor die hele wêreld ’n opskudding veroorsaak het en dis alles te danke aan haar kleindogter die beroepsgrimeerkunstenaar Tea Flego.

Volgens Tea kon haar ouma slegs die woorde “grote Griet!” uitkry nadat sy die eerste keer ’n glimp van die gedaantewisseling gesien het. “My ouma was altyd my model,” het Tea aan Buzzfeed vertel. “Sy was altyd baie lief vir grimering en dit was nie vir haar ’n probleem nie.” Die 32-jarige Tea het bygevoeg dat sy van kleins af al ’n grimeerkunstenaar wou word en dikwels op haar ouma geoefen het.
“Sy was altyd ’n moderne ouma en het nog glad nie verander nie. Lees ook: Justin Bieber se ongewone nuwe tatoeëermerk is ‘deel van sy reis met God’ “Sy hou van grappies, is regtig vriendelik en goedhartig en herken mooi goed as sy hulle sien.”
Die grimeerkunstenaar vertel haar Glans-ma geniet nogal haar nuutgevonde Instagram-roem en dat die familie haar nou ’n “ster” noem. Tea het ’n grimeertegniek gebruik wat kontoerwerk genoem word. Sy het Livia se gesig beklemtoon deur kleurskakerings te gebruik om haar ’n gladder en meer gedefinieerde voorkoms te gee. Sy het lipomlyner en ’n helder lipstiffie aangewend en skakerings van bruin gebruik om haar wenkbroue uit te lig.

Hello guys :) YOU LIKED IT -YOU GOT IT Granny Livia (79) & @teaflego makeupartist @nenadbravar photo #teaflego#glamma Wearing Our favorite @anastasiabeverlyhills @anastasiabeverlyhills contour kit cream in Fair @anastasiabeverlyhills illuminator So Hollywood @anastasiabeverlyhills DIPBROW medium brown #makeupfreak#makeuptransformation#makeup#makeupobsessed#makeupoftheday#wakeupandmakeup#1minutemakeup#makeupgirlz#talkthatmakeup#instamakeup#instabeauty#instablogger#beautyblogger#makeupartistsworldwide#worldmakeupartists#anastasiabeverlyhills#sigmabeauty#lorac#morph#iconiccosmetics#revolutioncosmetics#maccosmetics#hudabeauty#shophudabeauty#mootd#anastasiabeverlyhills@anastasiabeverlyhills@wakeupandmakeup#wakeupandmakeup@slave2beauty@makegirlz@1minutemakeup@howto.makeup@makeupslaves@allmodernmakeup@worldmakeupartist@makeup_clips@glamvids@liveglam

A photo posted by makeupbyteaflego (@teaflego) on

“Sy is nie skaam vir haar plooie en haar ouderdom nie,” het Tea gesê. “Maar sy sê: ‘Hoekom sal ek nie die ouetehuis se bal ten volle gegrimeer bywoon en 30 jaar jonger lyk nie?’ ”

Bronne: ABC News, Buzzfeed, Instagram

Lees ook op Huisgenoot:

Oud-Bokkaptein hang sy ‘tokse’ op

Dié wetenskaplikes versorg Wladimir Lenin se gebalsemde lyk teen R3 miljoen per jaar!

Suid-Afrikaanse perdebyspesie na Hollywood-ster vernoem

‘Dronk’ bestuurder gevang wat nege vriende in Citi Golf druk