[caption id="attachment_143992" align="alignnone" width="600"]Clive Derby-Lewis (Foto's: Wikimedia) Clive Derby-Lewis (Foto's: Wikimedia)[/caption] Luidens berigte is hy in die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria dood nadat hy verlede week daar opgeneem is.

Clive en Januzs Walus is 15 Oktober 1993 ter dood veroordeel vir sameswering tot Chris Hani se moord. Die vonnis is omgeskakel na lewenslange tronkstraf nadat die doodstraf in Suid-Afrika afgeskaf is.

Hy is 20 Junie 2015 op parool vrygelaat nadat fase 4-longkanker by hom gediagnoseer is en het intussen talle mediese prosedures ondergaan.

Bronne: Netwerk24; Maroela Media