Carly Wowk (21) het op die onderste verdieping ’n uiltjie geknip – terwyl sy saam met haar broer fliek gekyk het – toe haar maat, Kiowa Wood (21) wanhopig om hulp roep.

Foto: Magazine Features

Haar ergste nagmerrie is bewaarheid toe sy die trappe opstorm en haar lewelose dogtertjie, slap en blou, op haar gesig in haar opgestopte bedjie sien lê.

"My jonger broer het by my gekuier, dus het ek vir Zara neergelê vir haar slapie,” vertel die platgeslane ma. “Ek het haar toegedraai en in haar bedjie neergelê, tesame met haar bed-insetsel.  Ek wou net hê sy moes gemaklik wees.” 

Carly het toe dadelik ’n ambulans ontbied, terwyl hulle probeer het om kunsmatige asemhaling toe te pas en sy diep in haar binneste gehoop het haar dogter sou die verskriklike beproewing oorleef.

“Die paramedici was binne 4 minute by Zara, maar dit het soos ure gevoel, die langste vier minute van my lewe. Ek onthou dat ’n paramedikus my aangeraai het om my op die ergste voor te berei, aangesien hulle gewoonlik nie babas op hierdie stadium kan red nie,” was Carly se woorde.

Carly en Kiowa het, nadat hulle bewus geword het van die feit dat hul engeltjie ernstige breinskade opgedoen het en dat sy gestremd sou wees, die moeilike besluit geneem dat die dokters die kunsmatige asemhaling moes staak.

Foto: Magazine Features

Hulle kon hul kosbare dogtertjie 7 uur lank liefkoos.

"Ek het haar sewe uur lank vasgehou nadat die lewensondersteuningstelsel afgeskakel is.  Ek kon nie ophou huil nie."

“Ek het dit op daardie oomblik eenvoudig aanvaar, ek het geweet sy kom nie terug nie, ek het haar handjies vasgehou terwyl sy gesterf het, “ vertel die platgeslane ma van twee.

Carly wil nou hê daar moet ’n waarskuwing by die gemaklike bedjies en -wiegies kom waarin ouers gewaarsku word oor moontlike versmoring.  

En sy wil hê ouers moenie hul slapende kleintjies alleen los nie.

Carly het haar verhaal gedeel in die hoop dat dieselfde ding nooit weer met ’n kind moet gebeur nie. 

“Ek deel hierdie storie namens Zara, sodat dit nooit weer met enige ander kind moet gebeur nie,” sê Carly.

Bronne: mirror.co.uk, Magazine Features