’n Vrou is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat sy geld gesteel het wat bedoel was vir Safyre Terry, ’n 8-jarige meisie wat in 2013 ’n brand oorleef het waarin haar gesin oorlede is.

[caption id="attachment_119596" align="alignnone" width="616"]Die dogtertjie het meer as 195 000 briewe en 3000 pakkies van weldoeners reg om die wêreld ontvang. FOTO: facebook.com/Schenectadyssupersurvivor Die dogtertjie het meer as 195 000 briewe en 3000 pakkies van weldoeners reg om die wêreld ontvang. FOTO: facebook.com/Schenectadyssupersurvivor[/caption]
Kimberly Bradford van Rotterdam is aangekla van diefstal nadat R12 300 in kontant en R7 685 se koopbewyse in haar besit gevind is “waartoe sy nie die reg gehad het nie”. Volgens die polisie in Rotterdam is sy in hegtenis geneem nadat die organisasie Safyre’s Angels aangemeld het hulle vermoed ’n vrywilliger steel van hulle.

Vier houers vol pos is by Kimberly (41) se huis gevind ten spyte daarvan dat sy aangesê is om nie pos huis toe te neem nie. “Dis ’n klein bedrag as ’n mens die aantal vrywilligers in ag neem wat hul tyd hieraan afstaan,” sê lt. Mike Brown, polisiewoordvoerder.

Die verdagte is tans uit op borgtog en sal op 10 Maart in die hof verskyn.

Die meisie se storie het in Desember op die internet versprei nadat sy gevra het vir genoeg kaartjies om haar Kersboom mee te vul.

Bronne: abcnews.go.com, timesunion.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Woedende ma verneder haar ‘boelie-seun’ op Facebook

Tennisster toets positief vir verbode middel

Afrikaanse werklikheidstelevisie-deelnemer sterf: ‘Sy was my rots en my held,’ vertel sussie

Dié SA stad spog met die meeste miljoenêrs

Is hierdie ook hoe jou jammerlike man reageer as jy hom saamsleep winkels toe?

Derick Hougaard vertel hoekom hy huurders vir sy huis soek