Helen Zille en Mamphela Ramphele se kortstondige politieke huwelik was korter as:

  1. Kim Kardashian en Kris Humphries se huwelik.
  2. Die Sesdaagse Oorlog.
  3. Die sewe-dag-koolsopdieet.
  4. ’n Kursus antibiotika.
  5. Die tydperk tussen die huidige en die volgende uitgawe van Huisgenoot.
  6. Jou ou Nokia se battery.
  7. Die langste film ter wêreld, Modern Times Forever (10 dae).
  8. Mense wat naweke ook werk se werkweek.