Stephen Collins, bekend vir sy rol as die dominee Eric Camden in die gewilde TV-reeks 7th Heaven, het op band gebieg oor kindermolestering.

TMZ het eksklusief materiaal van die New York-polisiekantoor verkry waarin Stephen bieg dat hy met verskeie kinders seksuele kontak gehad het.

Die polisie het nou ’n kriminele ondersoek begin.

Stephen se erkenning is opgeneem tydens ’n terapiesessie met sy vervreemde vrou, Faye Grant.

Luister die opname - klik hier. (Waarskuwing: Dit bevat inhoud van ’n seksuele aard.)

Bronne: TMZ, Hollywood Life, Fox News