Die akteur Christo Davids en sy vrou, Cindy, tel omtrent die dae tot hul eersteling se geboorte.

#youspectacularawards @nikacouture #thebabybump #itsaboy!!! #BabyD

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

#truthbetold I am going to be a Daddy soon... #babybump #babyD #sjoemaarmyvrouismooi

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

Christo, wat in die sepie 7de Laan die rol vertolk het van die gewilde karakter Errol, het onlangs op Instagram ’n foto gedeel van hul kleinding se babakamer. Teen een muur het die naam Elijah gepryk.

Five weeks and counting... Preparations almost done #elijahiscoming #truthbetold #gatsêvirjouma A photo posted by christodavids (@christodavids) on

Hul eersteling word oor vyf weke gebore, het Christo ons vertel. Hy het die naam, Elijah, gekies. “Dit het vir my ’n baie sterk betekenis. Elijah was ook ’n groot figuur in die Ou Testament. Daar word ook na hom verwys in een van die laaste verse van die Ou Testament: Maleagi 4:5.”

Christo is opgewonde daaroor om vir die eerste keer pa te word. “Ek kom uit ’n groot familie waar meestal seuns gebore word. Ek is baie opgewonde daaroor om iemand se pa te wees, sê hy.”

En hy kry boonop ouerskapraad by die meeste van sy ou medesterre by 7de Laan wat ouers is, onthul hy.

Errol en Cindy, sy vrou van die afgelope drie jaar, kan nie wag vir hul knapie se koms nie. Die babakamer is ook al reg, vertel hy. “Alles is gedoen. Ons wag nog net vir die bewoner.”

En watter lewenslesse wil hy graag sy seuntjie leer? “Dieselfde wat my oupa Goliath (die akteur Goliath Davids) my geleer het. As jy weet van waar jy kom, sal jy altyd weet waarheen jy oppad is. Doen eers wat jy moet doen, en daarna kan jy doen wat jy wil doen.”

Christo is omtrent bedrywig sedert hy die Laan verlaat het. Hy is steeds nou betrokke by die sepie en werk nog agter die skerms as ’n regisseur.

Started from the bottom now we here!!! #director #floormanager #team #onsmaaknoutv

A photo posted by christodavids (@christodavids) on