Volgens bronne in die bedryf sal die veteraan akteur Pierre van Pletzen, wat lewe aan Oubaas se gevleuelde woorde gegee het in die SABC2-sepie, nog net tot Augustus aan die reeks verfilm. Kykers sal sy laaste episode waarin hy te sien gaan wees, eers later vanjaar sien.

Dit volg nadat sy kontrak blykbaar nie deur die vervaardigers, Danie Odendaal-produksies, verleng is nie.

7de Laan se skakelbeampte, Rosa-Mari Erasmus, wou geen kommentaar lewer of die gerugte bevestig nie.