Kort op die hakke van Zetske van Pletzen en Altus Theart se verlowing, kom die nuus dat Sekoati Tsubane, wat die rol van Kabelo speel, en sy vriendin, oud-president Mandela se kleindogter Zoleka Mandela, gistermiddag ‘n babaseuntjie ryker geword het.

Hoewel klein Zenawe ‘n bietjie vroeg sy opwagting gemaak het, gaan dit goed met ma en seun.

Die trotse ouers verwelkom die nuweling met groot vreugde in die wêreld en in die familie.

7de Laan het Sekoati en Zoleka alle geluk toegewens met die nuweling. "Mag hy ‘n bron van groot vreugde vir julle wees," het die sepie in 'n persverklaring geskryf.

Volg Huisgenoot op Twitter.