“Dit was onverwags en onwerklik! Dit maak my vreeslik gelukkig dat my karakter in so ’n kort tydjie onder die gunstelinge in ons sepiewêreld is,” sê sy.

Sy weet presies wat sy vir die geleentheid gaan aantrek.

“Ek gaan ’n Clive Rundle-uitrusting dra. Mense het ’n groot ophef oor sy ontwerpe gemaak by die SA Modeweek.”

Al die benoemdes in dié kategorie is:

  • Therese Benade – Villa Rosa
  • Shaleen Surtie-Richards – Villa Rosa
  • Nadia Valvekens – Binnelanders
  • Desiré Gardner – Binnelanders
  • Annelisa Weiland – 7de Laan
  • Andrea Streso – 7de Laan

Stem sommer nou vir jou gunsteling, want een leser kan vanjaar met Suzuki ter waarde van R180 000 wegstap. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel; jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat hiermee spog! En daar is ook Samsung-slimfone op die spel!

STEM HIER VIR JOU GUNSTELINGE - SMS OF AANLYN!

- Joshua Carstens

FB