Een volmaakte dag in New York. Dis al wat sy wou hê.

En toe Donnalee Roberts (25) en Gerber Strydom (23) verlede jaar vyf dae in die Groot Appel in Amerika deurbring, is dié kleintyddroom uiteindelik bewaarheid.

Wat kan dan nou beter wees as om deur Central Park te stap, ’n Broadway-vertoning te gaan kyk, op ’n outydse perdewaentjie te ry en in ’n regte egte Amerikaanse deli te eet?

In haar dogtertjiedroom kon die 7de Laan-aktrise aan niks meer dink nie – maar Gerber het toe wel ander planne gehad.

Knus toegedraai in ’n onderbroek het hy toe al dae lank sy meisie se droomring in ’n dosie weggesteek gehad. ‘‘Dis die enigste plek waar dit veilig sou wees!’’ verduidelik hy vinnig.

‘‘Ek wou Donn op die perdekarrit vra om te trou, maar hulle het toe maar net ’n kort entjie straataf met ons gery en almal agter ons was so haastig; die tyd was net nie reg nie,’’ vertel Gerber.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010.