Ná meer as 11 jaar in 7de Laan neem kykers vanaand afskeid van die geliefde Altie. Heino Schmitt, wat die rol van Altus de Bruyn sedert 2004 vertolk, het oor die jare in kykers se hart gekruip.

[caption id="attachment_118266" align="alignnone" width="600"]Heino Schmitt het die rol van Altus de Bruyn sedert 2004 vertolk. Foto: Facebook Heino Schmitt het die rol van Altus de Bruyn sedert 2004 vertolk. Foto: Facebook[/caption]

"Ons groet vir Heino vandag met ’n swaar hart. Wat ’n voorreg (was dit) om saam met só ’n fantastiese akteur te werk. Altie was deel van so baie gesinne in Suid-Afrika," het 7de Laan op hul Facebookblad geskryf.

"Dit is 'n groot verlies vir ons span om ’n talentvolle akteur soos Heino te verloor. Hier is op 11 fantastiese jare van Altie wees."

Heino het in November aangekondig dat hy besluit het om die sepie ná soveel jaar te verlaat.

Lees ook: Adele bak ’n skreeusnaakse poets op niksvermoedende winkelassistente

In hierdie tyd was dit veral Altus twee huwelike met Paula (gespeel deur Diaan Lawrenson) wat kykers vasgenael gehou het.

Ter viering van Heino se tyd in 7de Laan, het ons gaan kyk na vyf van Altus se hoogtepunte oor die jare.

Altus begin sy eie besigheid, Bruynwaves

Op 19 Maart 2007 begin Altus eie sy eie onderneming wat van krag tot krag gaan. Diederik, Vanessa en Sifiso werk later vir hom.

Paula en Altus soen Oujaarsaand

Op Oujaarsaand in 2009 soen die duifies vir die eerste keer en verklaar hul liefde aan mekaar. In die jare wat volg, gaan hul verhouding deur diep waters en skei hul paadjies telkens.

Altus en Marko baklei

Die twee manne sit op 26 Junie 2012 vas oor Paula en die vuishoue waai behoorlik. Op die einde wen Altus Paula se hart.

Altus en Paula trou

Op 10 September 2012 juig miljoene kykers toe Paula en Altus eindelik voor die kansel staan.

Altus vind uit hy het ’n kind by Kristin

Daar was groot drama toe Paula van Altus se buite-egtelike verhouding met Kristin uitvind, maar op 21 Januarie vanjaar vind Altus uit hy het ’n kind, AJ. Dit lei op die ou end tot die verbrokkeling van Altus en Paula se tweede huwelik.

Hier is ’n kort onderhoud wat Huisgenoot met Heino en ’n paar ander sepiesterre gehad het:

Ander stories op Huisgenoot.com

Wen! Drie nagte in die Magoebaskloof Hotel

Week oue baba oorleef op stortingsterrein

Babadolfyn dood ná skare selfies by hom neem

Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Opgewondenheid oor nuwe kankerbehandeling

Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets