Neil Sandilands en Kim Engelbrecht sal albei sleutelrolle in die vierde seisoen van The Flash vertolk.

Neil, wat as Bart Kruger, die deli-eienaar in die sepie 7de Laan op SABC2 diep in mense se harte ingekruip het, gaan die rol van 'n skurk genaamd Clifford Devoe vertolk.

Devoe, ook bekend as The Thinker, gaan volgens Deadline.com saam met The Flash vir die seisoen deurlopend groter skurke die stryd aansê.

Kim vertolk die rol van The Mechanic, ’n intelligente ingenieur en ook Devoe se regterhand. 

??

A post shared by kimengelbrecht (@kimengelbrecht) on

Kim is veral bekend vir haar rol in Isidingo as Lolly van Onselen. Sy was al ook te sien in onder meer Konfetti, Geraamtes in die Kas en as Noma Walker in die wetenskapsfiksie-reeks Dominion.

The Flash handel grotendeels oor die lewe van Barry Allen wat deur ’n weerligstraal getref word. Toe hy weer sy positiewe herwin, is hy eensklaps die vinnigste man in Central City en 'n misdaadbekamper van formaat. 

Kyk die lokprent hier

Bronne: Deadline.com, Channel24, Syfy.com