Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê dat paramedici met hul aankoms op die toneel die bus op sy sy aangetref het. Die insittendes het reeds uitgeklim.

Van die kinders het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Geen lewensverlies is gely nie.

Die kinders is op die toneel behandel voor hulle na hospitale in die omgewing geneem is vir verdere mediese aandag.