Die 32-jarige, wie se naam nie genoem is nie, het erken sy het die men beledig, maar ook die uitspraak weerlê, volgens berigte in GulfNews.com en ander plaaslike media.

Die aard van hul argument was onduidelik, maar sy is skuldig bevind aan die skending van die klaer se reputasie, berig die koerant Okaz. Boonop is sy volgens dié nuusdiens ook ’n boete van sowat R66 600 vir die oortreding opgelê.

In ’n ander saak het nog ’n Soedi-Arabiese regter ’n man toegelaat om van sy vrou te skei nadat sy vir hom in ’n WhatsApp-boodskap gesê het sy bid “sy is geduldig genoeg” om hom te “verduur”, berig die koerant Al-Hayat.

Die man het glo beweer die boodskap is “onvanpas.”

Dit is nie die eerste mense wat met die land se wette teen kubermisdaad bots nie. In Julie verlede jaar is twee vroue in die stad Jedda tot 10 dae tronkstraf en 20 houe gevonnis omdat hulle mekaar op WhatsApp beledig het.

’n Regter het die uitspraak gelewer nadat hy die boodskappe gelees het tussen die twee vroue wat glo niggies is.

Bronne: The Independent, News.com.au