’n 7-jarige seun het na bewering in die Yellowwood Park-woonbuurt, Durban, op die sypaadjie geloop toe die gesin se Amerikaanse veghond hom toegetakel het.

Gevorderde lewensondersteunende paramedici het kort ná twee Woensdagmiddag by die toneel opgedaag en mediese hulp aan die seun verleen.

Hy het ernstige wonde aan sy regter-bobeen opgedoen en sy toestand word as ernstig bestempel.

Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder het aangedui die seun is vir verdere mediese sorg na ’n hospitaal geneem.

Die voorval word verder ondersoek.